Tuesday 11 September 2012

Woensdag 12 September

Dit reen !!
Nou sit en dink ons nog wat ons vandag gaan doen en waarheen ons moet gaan.
(Elize het darem al vir Heidi se Peter ontdek:
Na 'n lekker kontinentale ontbyt (waar Elize genoeg padkos "steel" vir middag-ete en snacks) besluit ons om met die ou stoom lokomotief na Rothorn te ry. Dis so steil teen die berg op dat die trein die waens moet stoot !!! En die treinspoor werk op 'n rat sisteem, sodat die trein en waens nie kan teruggly nie.




Dis absoluut wonderlik: die natuur en uitsig en alles is doodeenvoudig te mooi om dit met woorde te kan beskryf.
Oral is watervalle; met die reen vorm oral spontane lopies wat saamvloei om watervalletjies te vorm. Dis "Wunderbar".
En dike beste van alles: daar begin dit sneeu op die bergpiek!!!! Ons loop in die sneeu en verwonder ons aan alles.

Terug in Brienz doen ons bietjie sight-seeing en loop net deur die dorpie en strate.
Ons kom vroeg terug hotel toe, want ons moet nog wasgoed ook was.






Tot ons groot vermaak, stap 'n boere gesin met hul hele trop beeste deur die dorp - en al wat 'n kar is wag dat hulle eerste loop. Al die beeste het klokke om die nek, en dit klink te mooi as hulle so deeur die strate loop.

1 comment:

  1. Joe, maar dit is mooi. Wens ek was daar. Geniet elke oomblik, en dankie vir die nuus en die foto's. Corna en Sanet se gesiggies lyk of dit op 'n glimlag vasgehak het. En Elize lyk op en wakker, asof sy maklik die Alpe sal oorsteek op haar eie. En jy moet natuurlik al die harde werk doen om ons op hoogte te hou met nuus en foto's. Mooi so! Hou so aan. Ek probeer elke nou en dan om julle te kontak met VIBER, hopelik sal die ontvangs beter word - veral as jou ma hier is - dan kan sy lekker met julle chat. Nouja, toe, maak of julle mal is, en doen alles!!
    Lief julle, en kyk mooi na julleself.
    PEET

    ReplyDelete