Tuesday 11 September 2012

Maandag 10 September

Ons land om 06h10 in Zurich.
Die Switzers is regtig nice mense - vriendelik en baie georganiseerd.
Koop Starbucks koffie op die lughawe, terwyl Elize en Sanet die Eurail aktiveer.



Reis met die Eurail vanaf Zurcih na Alphnachstad waar ons by 'n baie oulike hotelletjie oorslaap.
Ons gaan Pilatus berg op met 'n trein - en ander kant af met 'n kabel-karretjie (Corna is baie dapper met haar hoogte vrees - en geniet selfs die kabelkarretjie!!! Ek is trots op haar).







In Lucern gaan stap ons oor pragtige ou houtbrug. Dis regtig iets besonders om te sien.
En dan vaar ons terug met 'n boot oor Lucern-meer.
(Ek sukkel nog met Wi-Fi konneksies. Die dat die fotos maar stadig bykom. Maar gee net tyd; ek sal dit opsit soos ek konneksie kry!!)

No comments:

Post a Comment