Friday, 14 September 2012

Vrydag 14 September

Dis vandag 'n trein-dag. Ons is die hele dag op die treine om vanaf Brienz, Switzerland na Innsbruck, Oostenryk te reis.
Ons moet vir 'n paar ure oorstaan by Zurich stasie - loop daar so bieejie rond, maar doen nie juis veel nie.
Dan is dit weer 3 ure verder per trein.
Die landskappe is steeds baie mooi - ek hou nie van Zurich nie. Dis maar net stad met mense wat heen en weer storm.
Die onderskeie plattelande is tog mooi.


Omdat daar nie juis vandag fotos geneem is nie, vertel ek julle gou 'n paar stories van die trip so ver:
1. Ons eerste dag se eerste trein rit, klim ons vreeslik opgewonde op - net tasse en histerie waar jy kyk (nou van opwinding, natuurlik). Corna is nog so lawaaierig, toe loer so kwaai Duitse oom om ons sitplek, en wys ons baie vererg daarop dat ons in die "stil-bly wa" is - as ons wil raas moet ons bo gaan sit.
Skrik ons vrek en sit soos 4 muise wat 'n kat gewaar het. Maar toe daai trein stil hou, en ons afklim, toe lag ons soos mal goed.
Van daaraf sit ons net bo sodat ons lekker kan gesels en aangaan.
2. Ouma sal bly wees om te hoor Elize is op haar stukke - sy is 'n regte ou planmaker en  doen al die ete-relings. Natuurlik met kos wat sy tydens ontbyt in Sanet se handsak druk.
Sy het gister-oggend een gekookte eier gestreel wat ons veronderstel was om in 4 te deel vir middag-ete. Ons het toe dadelik elkeen nog 'n eier gaan deps.
3. Sanet kan nie stilsit in die treine nie, want sy wil net fotos neem. Dan struikel en hol sy kort-kort heen en weer soos die trein wegtrek en/of stilhou - die dat sy op die trip ou "flat-face" genoem word.
4. Corna is weer met tye so braaf dat sy selfs my broek-pante los en alleen rondloop (solank as sy ons in die oog kan hou). Elize het gister so gelag op die trein toe Corna in haar eie ry op die trein gaan sit het - toe se Elize Corna is nou so braaf dat sy sommer loshande ry.
5. Op die stoomtrein vanaf Rothorn het sulke regte plaas-omies voor ons gesit. Maar daai een oom poep so hard dat selfs ek hom hoor (sonder my gehoor-apparaat). Toe lag ons natuurlik lekker; en hy trek nie eens 'n spier nie.
6. Vanoggend toe ons vir die trein wag, wil Sanet weer gaan fotos neem. Toe kom die trein, en sy is agter die tralies toegemaak. Maar boeta, stress sy - sy hol sommer 'n trein in toe daai tralie-hek lig.

En so gaan ons trip aan. Ons geniet ons gate uit (en is nou amper by Innsbruck). So, ek skryf more weer verder.
Mooi bly almal!!!

No comments:

Post a Comment