Friday 21 September 2012

Vrydag 21 September

Ons vaar deur die nag vanaf Wenen na Budapest.
Dis nogal mooi langs die roete. Ons staan bo-op die son-dek toe ons Budapest binne vaar.
Die toer deur die stad is eintlik bietjie teleurstellend; Wenen is baie mooier. Budapest is verwaarloos; maar daar is interessante plekkies ook.
(Internet opvangs is swak in Hongarye - die wat ek sukkel om die blad te update)













Gou vertel van gisteraand:
Was die kaptein se verwelkomings-ete. Die kaptein is maar boring, maar Corna kry sulke lang ogies as die "second-in-charge" (Gabriel) verbykom. Sy dink hy is tog te oulik en mooi (tot groot vermaak van my en Elize).
Ons het toe na ete weggehol cabin toe - wou nie saam met die ander "Flinkdink" speel nie.
Vanaand na ete moet ons 'n Hongaarse volkspele aand bywoon. Sal maar kyk hoe lank ons uithou voor ons weer wegslyp kamers toe!!

More is Kalosca op ons program = dis die Hongaarse plateland en die perde. Ek sien baie daarna uit.

No comments:

Post a Comment