Monday 17 September 2012

Maandag 17 September

Ons was vandag die hele dag by die ys-grotte van Werfen. Dis die grootste ys-grotte ter wereld; 'n hele 47km lank. (Gelukkig is die toer binne die grot net 1km lank)
Om daar te kom, moes ons die Alpe te voet uit!!! En ek kan jou vertel dik en onfiks is glad nie 'n goeie kombinasie om die Alpe te klim nie! Was byna vrek!!
Corna was die hero van die dag: sy het alleen die ys-grotte aangedurf, want toe ons bo kom en hoor daar is net 1400 trappe op die toer deur die ys-grotte, toe besluit ons ander 3 se maai - ons gaan nie ons laasste asem in Oostenryk uitblaas nie. Toe wag ons maar vir Corna buite.
Sy is steeds in ekstase oor hoe mooi dit was. (ek is regitg bly sy kon dit doen en sien.)





No comments:

Post a Comment