Thursday 13 September 2012

Donderdag 13 September

Wow, wat 'n dag!!!
Ons staan vroeg op en ry na ontbyt met die trein na Interlaken en verder na Jungfraujoch (Top of Europe).
Ek dink ons het vir die Switzers luck gebring, want die eerste sneeu van die seisoen het gister begin val toe ons op Rothorn was. Vandag is al die bergpieke spier-wit. Dis absoluut fantasties!!!! Voorwaar 'n sprokies wereld!
Dis ook lekker om te dink ons ry op die JungfrauBahn tydens sy 100ste herdenkingsjaar.
Die yspaleis is sekerlik ons dag se hoogte punt.
Ons speel selfs in die sneeu-storm bo-op die berg. WONDERLIK!!!!!!
Met ons terug reis ry ons met die trein by 79 watervalle verby (Corsie en Sanet gaan mal met die kameras. En my iPhone se battery gee halfpad die gees - van te veel fotos neem).
Vanaf Interlaken vaar ons met die boot terug na Brienz oor die Brienz-meer.
Vandag was 'n ervaring wat nie in woorde beskryf kan word nie!















2 comments:

  1. It all looks fantastic. Can see that you are all having a wonderful time. Enjoy every moment. All fine at work. Very busy and all working hard. Big weekend for us and the Fertility Clinic. Sigi sends regards and says you are very lucky to get snow in September. Stay safe and happy travels. Tracey

    ReplyDelete
  2. Dit lyk wonderlik en julle lyk stralend. Geniet dit. Dankie vir al die uploads. Ek gaan vir Ouma en Elané Maandag haal, en dan gaan ons tog ook lekker in die sneeu speel. Dis vanoggend weer piskoud in Potch. Liefde. Peet

    ReplyDelete