Sunday 16 September 2012

Sondag 16 September

Ons bly vir 3 dae in Salzburg (by Pension Adlerhof - dis 'n nice pensiontjie).

Het vandag die "Hop On/Hop Off Bus Tour" gedoen, en oral deur Salzburg gery. Dit werk eintlik baie goed, want jy kan afklim waar jy wil, en net later weer 'n volgende bus vat om verder te ry. Die hele tyd speel hulle mooi Mozart musiek en gee inligting van alle besienswaardighede waarby jy verby ry. Ek het daarvan gehou - die musiek en die inligting.

Het rond geloop in Mirabell tuine op die Mirabell paleis-gronde (dis pragtig); Kasteel Hellbrun besoek; en natuurlik deur die Ou Stad gedwaal (dis nou waar alles oor Mozart gaan).
Ons het self 'n diens in die pragtigste ou kerk (Dom) bygewoon. Dit was nou regtig baie spesiaal!!!





Ek wil net gou vir Angie se dat ek definitief baie maklik hier sal kan bly:
dis mooi - die geboue en natuur en musie
 die mense is great - baie georganiseerd, stiptelik en presies; en ook vriendelik 
die mense hou van diere - almal loop met 'n hond rond. Jy kan selfs die honde op die treine en busse vat en ook in die restaurante in.
En ek is duidelik 'n diere-magneet: in Brienz het die bokke uit die diere stoet, toe hulle deur die dorp geloop het - afgedraai en my kom groet, voor hulle weer spring-spring terug is ager die ander aan.
In Innsbruck het 'n ou se 2 grand Franse poedels hom net so in die straat gelos om eers met my te kom speel - en hy moes maar ewe geduldig wag tot ons 3 klaar gespeel het, voordat hy kon verder stap.
Ek LIKE hierdie plek!!!

No comments:

Post a Comment