Tuesday 2 October 2012

Sondag 30 September

En so is ons vakansie nou regtig verby. Ons moet vandag weer werk - moet maandeinde doen.

Vir oulaas so paar herrinneringe van die vakansie:
Elkeen se hoogte punt -
Corna:
                                                                                   


                        die ysgrotte

Elize:
                                                    Mozart konsert & katedrale



















Sanet:
Die 3445 fotos wat sy kon neem (sonder om een keer raas te kry daaroor).













Ek:
Om God se almag en liefde te kon aanskou en waardeer in die natuurskoon om my.
Om in eeue oue katedrale (saam met voorgeslagte) God te kon loof en prys en eer met die wonderlike argitektuur en kuns en atmosfeer.
En natuurlik die verskillende diere (bokke, beeste, honde en perde).










En so kom ons aan die einde van hierdie blog.

'n Groot dankie aan Anel Pretorius van XLtheTravelProfessionals - ons reisagent wat alles vir ons gereel het. Jy's 'n ster!!

Dankie vir elkeen wat saam met ons die vakansie beleef en geniet het, deur die blog te volg. Dit was lekker om julle as reisgenote te he.
Dankie ook aan Corna, Elize en Sanet - dit was 'n fees om saam met julle hierdie vakansie te beleef. Mag daar nog vele wees!!

En  die GROOTSTE DANKIE aan ons Hemelse Vader vir Sy oneindige liefde, genade en seen wat hierdie vakansie vir ons moontlik gemaak het.

Liefde groete,
Esme, Corna, Elize en Sanet.

Saterdag 29 September

Ons vlieg vandag terug Windhoek toe.
Dit was 'n wonderlike vakansie. En dit was heerlik om weer by die familie te kon kuier.



 Die kinders kom haal ons op die lughawe.




 Ek is baie bly om my troeteldiere te sien:

 Vicky                             Ouboet Albert
Sokkies                                                                        Gemmer









Vrydag 28 September

Na 'n lewenslange gewag op Zurich lughawe vir ons vlug om 22h45 (laaaaank na ons slaaptyd!!!), en na nog 'n slapelose nag op 'n beknopte vliegtuig, is ons terug in RSA.
Boeta Louw kom haal ons op die lughawe.
En soos altyd kry ons die mees fantastiese en gasvryste ontvangs denkbaar by Louw en Alta en Albert en Elane op Meyerton. Ons aanstaande nuwe niggie - Adele - kuier saam.
Dis 'n tipiese Botes-kuier: ons eet elke uur-en-'n-half 'n behoorlike 3-gang-ete; en tussen-in vat ons so ietsie vir die ergste hongerpyne!!!

Louw & Ouma



Ouma & Alti
Ouma & Albert



Adele & Elane

Tinka, Leske en Gerhardus kom kuier en eet vanaand saam. Dis een lekker gesellige aand.

Leske & Gerhardus






Sanet en Tinka



Louw het 2 klein hondjies bygekry (hulle is te dierbaar). Nou bestaan die troeteldiere uit:

Pikkie (&Louw)







                       Mot
              

Kers               en                   Vlam



Wednesday 26 September 2012

Donderdag 27 September

Loop vanoggend nog bietjie in Innsbruck rond voor ons na Zurich vertrek per trein.
Ons vlug vanaf Zurich na Jhb is vanaand @ 22h45. En dan is ons Vrydag-oggend om 09h10 in Jhb.

Hier is 'n paar aanmerkings oor die boot-toer se reisgenote:
1. Sanet het 'n pet-hate aanboord gehad - ons het haar die hoof-meisie genoem. Sy was die leier van 'n ander toergroep (SAGA van Engeland) - en sy was 'n opregte pyn in g..t. Sanet het elke keer as die ou vrou om die hoek kom, 'n ander hoek gesoek om weg te hol. Dit was nou regtig een van die irreterendste mense denkbaar - wou alewig alles oorneem.
2. Ons tafel-genote was 'n Flaamse oom en tannie. Hulle was eintlik nogal oulik - net baie graag gepraat. Hy het die Engelse ou vrou Mrs Bucket genoem; en kon haar ook nie verdra nie.
Die toerleier het ons tafel fassinerend gevind, omdat hulle Flaams praat en ons "Engels, Duits, Hollands en 'n Afrika-taal" en steeds mekaar verstaan.
Die Flaamse se ons taal is "sappig". En hulle leer ons lekker Flaamse woorde.
Die oom is 'n regte ou bok, hy wou net die hele tyde met Corna gesels - en sit amper op haar skoot aan tafel. Sy vroutjie is so regte poffertjie tannie - en hy stap altyd so myl voor haar, dan stap ons maar saam met haar, want Sanet kry haar so jammer oor haar vet voetjies.
3. Die girl by die bar kon nie glo ek en Corna is van Namibia nie, want ons is dan wit met blou oe.
4. Daar was so Deense ou wat 'n grand pak klere na die gala-ete gedra het: met sokkies en plakkies!! Corna was histeries daaroor.
5. Dan was daar 'n groep dames vanaf Malta. Corna was oortuig hulle is die Mafia se vrouens wat kom vakansie hou het. Hulle het net heeltyd juwele gekoop.
Maar hulle was eintlik baie oulik. Regte grand dames.
Ek wou met hulle gesels, want ek het ook 'n maltees by die huis - dus dink ek ons sou mekaar kon verstaan.
6. Met die Mozart konsert aand sit so ou simpel ou Engelse man agter ons in die bus. Nou luister Corna sy gesprekke af. En die ou man se "I'm in heaven .....with you my darling" - en Corna dink hy se dit vir haar. Toe wil ek my op giggel!!

Ek wil nou eers slaap - skryf later nog strooi verder.

Woensdag 26 September

Ons verlaat die boot en ry heeldag trein: Vanaf Passau, Duitsland na Salzburg, Oostenryk na Innsbruck, Oostenryk (waar ons vanaand oorslaap.)
Dis 'n lang dag van treine en stasies - en arme ou Corsie is nog siek ook. Ons maak dit 'n vroee aand (ons het in elk geval vanoggend 05h00 opgestaan om betyds aan wal te gaan om die regte treine te haal).
Maak inb Innsbruck 'n draai by Swaroski - en Corna geniet haar gate uit.


Dinsdag 25 September

Ons gaan kyk na Melk Abbey. Dit oortref my wildste drome.
'n 81-jarige ou monnik doen 'n orrel-uitvoering vir ons in die katedraal - en dis onbeskryflik mooi.
Hierdie was definitief een van die hoogte punte van ons toer.






















Daarna ry ons deur die wyn en vrugte deel en gaan doen bietjie wine tasting (dis blerrie sleg, maar toe maar).
Vanaand is ons laaste aan aanboord en die kaptein se gala-ete. Ek en Elize kruip weg en weier om te gaan. Corna en Sanet gaan (en sluip weg kamers toe voor die dans).
More is ons boot-vaart verby en moet ons terugdraai Zurich se kant toe - ek kan nie glo die vakansie is verby nie (dit het net te vinnig gegaan. Maar dit was wonderlik!!!)